Lockdown-fotograwe beïndruk weer eens
Elke dag is daar vars en indrukwekkende foto's wat deur die "lockdown-fotograwe" ingestuur word. Vaalweekblad is trots om nog 'n besondere versameling te deel.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die vierde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in verlede week se Vaalweekblad (24 Junie) verskyn, en die vyfde groep verskyn Woensdag, 1 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van ‘n kamera geneem. (Dit is seker die bewys waarom hy sulke mooi foto’s neem). 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die mooi monochroom foto geneem. 
Amanda Vermeulen van Kempton Park het die mooi natuurtoneel in die Rietvlei Natuurreservaat afgeneem. 
Ansie Bouwer van Pretoria het die mooi foto van haar kat Whisky geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die pragtige foto geneem. 
Bernard du Toit het die besondere landskapfoto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem. 
Bubbles du Plessis van Tulbagh in die Wes-Kaap het die oulike foto tydens ‘n vakansie in Witsand geneem. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die kunstige natuurfoto geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van ‘n Jan-Fredrikkie in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Jaco van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto in sy tuin geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van ‘n duifie wat in die son bak in haar tuin geneem. 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die foto van die verlore hasie tussen die droeë gras en takke geneem. 
Karin Cronjé van Standerton het die mooi foto van die volstruise in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Kirsty Jaccobs van Sasolburg het die foto van die windpomp op die oop vlakte geneem. 
Leandré Burger (12 jaar) van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. 
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem terwyl die son sak. 
Monique van der Merwe van Vaalpark het die oulike foto van haar hondjie, Marshmallow geneem, wat haar dophou terwyl sy iets eet. 
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto van die see geneem.
