Local newsNewsNews
1 Julie: 1 649 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die Covid-19 getalle in die streek begin nou vinnig styg. Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het tans 1 649 geregistreerde Covid-19 gevalle, wat 19 sterftes insluit en 135 pasiënte wat reeds herstel het.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 1 197 (waarvan 98 herstel het) = 1 099 aktiewe gevalle
Midvaal 166 (waarvan 20 herstel het) = 146 aktiewe gevalle
Lesedi/Heidelberg-streek 240 (waarvan 17 herstel het) = 223 aktiewe gevalle
Daar is steeds 46 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- Daar is in totaal reeds 42 881 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 10 534 herstel het en 216 gesterf het. Altesaam 2 981 pasiënte het ernstige simptome en word in hospitale of klinieke behandel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
