Local newsNewsNews

Leer bietjie meer oor ‘lockdown-fotograwe’

Vandag leer ons twee van ons "lockdown-fotograwe" so bietjie beter ken. Ontmoet vir Pierre en Madré Fourie van Vanderbijlpark - ons groep se eie spreekwoordelike "power couple". Hulle stuur reeds vir 'n geruime tyd gereeld prag-foto's wat met ons lesers gedeel word. "Ons is gedurig besig met verskeie stokperdjies - van radiobeheerde karretjies, fietsry, hengel, 4 x 4 roetes ry, en toe begin van verlede jaar besluit ons gaan probeer fotos neem," vertel hulle. Die twee het geen kennis gehad van hoe 'n DSLR-kamera werk nie, maar het hul kennis deur middel van die internet uitgebrei en siedaar ... nou is hulle bekwame fotograwe. "Ons leer nog elke dag iets nuut". Albei is veelsydige fotograwe, maar Pierre hou meestal daarvan om die natuur en landskappe af te neem, terwyl Madré 'n voorliefde vir makro- en abstrakte-fotografie het.

Pierre en Madré Fourie van Vanderbijlpark – twee van die talentvolle “lockdown-fotograwe”.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die vyfde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in hierdie week se Vaalweekblad (1 Julie) verskyn, en die sesde groep verskyn weer volgende Woensdag, 8 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die skilderagtige foto van die Barrage geneem.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park het die mooi foto van ‘n jakkals in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Anita Bester van Kempton Park het ook tyd in die natuur spandeer en die pragtige foto is die eindresultaat.
    Bernard du Toit het die besondere landskapfoto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem.
    Bubbles du Plessis van Tulbagh in die Wes-Kaap het die foto in haar tuisdorp geneem.
    As die son skyn gaan ons “strand” toe! Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige foto in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi foto van die suurlemoene geneem. (Die program het die foto efffens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die Rooibors-laksman in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Jaco van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die vinkie tussen die takke in haar tuin geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die mooi foto van die oulike langoor in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Oulikste gevreetjie! Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van haar hondekind geneem.
    Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het die monochroom landskapfoto geneem.
    Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein se oë mis niks tydens haar uitstappies nie, en het die mooi veer tussen die droeë gras afgeneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het die straattoneel kunstig in monochroom omskep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button