Local newsNewsNews

Mooi foto’s bring kleur in ons lewens

Die "lockdown-fotograwe" se mooi foto's bring beslis bietjie kleur in ons lewens ... en op die stadium is dit nodig om ook die mooi in die lewe raak te sien. Vaalweekblad deel met trots nog 'n puik fotoversameling.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die vyfde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in hierdie week se Vaalweekblad (1 Julie) verskyn, en die sesde groep verskyn weer volgende Woensdag, 8 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    “Odd one out”. Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie besondere stillewe foto geneem.
    Thyra Kelly van Vanderbijlpark het die mooi foto van haar “foster” katjie Tiny geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die sagte natuurfoto geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi mistige foto geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het met die skaduwees gespeel om die kreatiewe foto te kon neem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto opgestel en afgeneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Mattithyah van der Merwe het die pragtige foto vanuit die Kaap met ons gedeel.
    Michelle Hart van Sasolburg het die springkaan in haar tuin afgeneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto in die Suikerbos Natuurreservaat geneem.
    “Vat die pad”. Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het die skattige foto van haar dogtertjie, Jeané, geneem.
    Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die interessante foto van ‘n veldbrand geneem.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Madré Fourie van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto van ‘n treinspoor geneem.
    Anita Bester van Kempton Park het die pragtige foto by die Goxhill Trout Farm geneem.
    Bennie Henning van Germiston het die pragtige monochroom foto van die maan geneem.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto geneem.
    Bubbles du Pessis van Tulbagh in die Wes-Kaap het die pragtige landskapfoto geneem.
    Belinda van der Merwe van Vaalpark se oulike klein viervoet, Hot Chocolate, vra om bietjie opgetel te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button