Local newsNewsNews

Kyk om jou rond, daar is iets mooi om af te neem

Die naweek is hier en as jy niks het om te doen nie ... neem so paar mooi foto's. As mens iets mooi soek om af te neem, moet jy net om jou rondkyk en jy sal dit kry! Hier is vandag se prag-versameling deur die "lockdown-fotograwe".

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die vyfde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in hierdie week se Vaalweekblad (1 Julie) verskyn, en die sesde groep verskyn weer volgende Woensdag, 8 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Jaco van Schalkwyk van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van ‘n “woestyn roos” geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die mooi foto van die tarentale in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie pragtige foto geneem.
    “Smile”. Michelle Hart van Sasolburg het hierdie oulike foto van haar klein viervoet wat knus in die bed lê geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie mooi landskapfoto naby Brits geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi foto geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het hierdie mooi lyne in monochroom vasgevang.
    “Alleen”. Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.
    Die talentvolle jong Adriaan de Waal (15) van Belfast het hierdie mooi makro foto geneem.
    Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto van die maan geneem.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto op Riversong Farm geneem.
    Chris Gouws van Vanderbijpark het die mooi foto van ‘n Jan Frederikkie (of is dit ‘n angry bird) geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n suikerbekkie geneem.
    Eileen Pretrorius van Alberton het die mooi monochroom landskapfoto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het ook die pragtige stillewe foto geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het ook die mooi lae-hoek foto van die boom geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button