Local newsNewsNews
Vragmotor en motor in ongeluk op R59
VEREENIGING. - Twee mense is ernstig beseer tydens 'n ongeluk waarin 'n vragmotor en 'n motor net na 15:00 op die R59 tussen Redan en die Pierneef-afrit na Meyerton betrokke was.
Die brandweer, nooddienste en verkeersafdeling was vinnig op die toneel. Altwee die beseerdes is deur ER24 op die toneel behandel en hospitaal toe geneem. Daar is nog nie verdere inligting beskikbaar oor wat die ongeluk veroorsaak het nie, behalwe dat dit duidelik is dat die vragmotor die motor van after getref het. Die ongelukstoneel word steeds ondersoek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
