Local newsNewsNews

Wêreld vol klank wag op woelige peuter

SASOLBURG – Ontmoet Mianè Bachran (2 jaar en ses maande) oorspronklik van Sasolburg, maar sy en haar ouers, Inge Bachran en WJ de Wet het onlangs Rustenburg toe verhuis. Haar gunsteling tannie, Marizell Bouwer, woon nog in die Vaaldriehoek. Mianè is baie lief vir diere, veral honde en katte. Bal speel en legkaart bou tel onder die aktiwiteite wat sy die meeste geniet en in die somer wil sy net swem, swem swem!

Sy is ‘n woelige, vriendelike peuter, geniet dit om Paw Patrol te kyk en op die maat van Baby Shark te dans. Sy is op haar gelukkigste as haar niggie en nefies in die omtrek is om mee te speel.
Die enigste probleem is, sy het net 10% gehoor in haar een oor en 7% in die ander. Marizell sê hulle het sedert Mianè se babadae agtergekom iets skort, want sy het nie reaksie getoon as hulle haar skrikgemaak het of met haar gepraat het nie. Die dokters kon eers nie agterkom wat is fout nie, maar hulle het uiteindelik ‘n verwysing na ‘n gehoorspesialis in Februarie 2019 gekry, waarna sy na die Gehoor Instituut in Pretoria verwys is. Hier het sy gehoorapparate gekry en is daar onmiddellik met spraakterapie begin.

Omdat sy byna heeltemal doof is, het die gehoorstukke nie gewerk nie. Mianè lees lippe en het al haar eie handgebare aangeleer om seker te maak haar mense verstaan haar. Juis omdat die gehoortoestelle nie werk nie, is daar begin met toetse om te bepaal of sy ‘n geskikte kandidaat is vir bilaterale kogliêre inplantings. Na baie toetse is die groot operasie geskeduleer vir 13 Julie vanjaar in Pretoria. As alles volgens plan verloop, sal sy kan hoor, leer praat en eendag na ‘n normale akademiese skool kan gaan. Die familie is dankbaar dat WJ intussen weer ‘n werk en mediese fonds het, nadat hy in 2019 sy werk verloor het.

Die operasie se koste beloop by die R900 000. Hiervan betaal die mediese fonds die grootste gedeelte, maar die familie moet R41 300 uit hul sak betaal. Marizell sê die Foundation for Children with Hearing Loss in Southern Africa het met ‘n fondsinsamelingsprojek begin om die ekstra onkostes te verhaal. Na die operasie sal hulle ook elke twee weke Pretoria toe en terug moet reis vir toetse en skanderings, wat meer uitgawes tot gevolg sal hê. Hulle hoop dat Mianè sommer een van die dae alte lekker met hulle sal kan gesels. “Ons is regtig baie dankbaar en geseënd,” het Marizell laat weet.

Die Foundation for Children with Hearing Loss in Southern Africa maak al sedert 1992 ‘n verskil in kinders se lewens. Die organisasie spits hul daarop toe om kinders en volwassenes wat ernstige gehoorprobleme ondervind, finansieel te help. Enige een kan ‘n bydrae tot hierdie fonds maak, eenmalig of maandeliks. Gaan maak gerus ‘n draai by www.hearingloss.org.za. Alle donasies word direk aangewend vir haar uitgawes wat jy op die verwysing aandui. Die donasies word nie vir administratiewe doeleindes aangewend nie.

Sou jy dalk ‘n eenmalige bydrae wou maak om Mianè te help, kan jy die volgende bankbesonderhede gebruik: Rekeningnaam: Foundation For Children With Hearing Loss, Rekeningnommer: 011794798, Standard Bank, Gezina, Takkode: 014845. Verwysing: Mianè Bachran.

Miané toe sy nog kleiner was saam met ma Inge .

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button