Bedrywige fotograwe se Saterdag-oes
Nog pragtige foto's wat danksy die bedrywige "lockdown-fotograwe" met trots deur Vaalweekblad gedeel word.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die vyfde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in hierdie week se Vaalweekblad (1 Julie) verskyn, en die sesde groep verskyn weer volgende Woensdag, 8 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Zinta Barnard van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van haar sussie, Zuleika, geneem. 
Net 15-jaar oud, en kyk die kunstige foto wat Adriaan de Waal van Belfast geneem het. 
Amanda Vermeulen van Kempton Park het die mooi natuurfoto van ‘n jakkals in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto op Riversong Farm geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die wintersfoto geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die mooi natuurfoto geneem. 
Hennie Coetsee van Meyeton het die foto geneem wat die winterskleure uitbeeld. 
Karin Cronjé het die pragtige foto geneem. Karin wat gedurende die inperking in Standerton by haar ouers tuisgegaan het, is nou weer terug in Spanje. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie wintersfoto geneem. 
Michelle Hart van Sasolburg het hierdie pragtige natuurfoto van ‘n voltstruis geneem. 
Die kunstige Pierre Fourie van Vanderbijpark het hierdie modern-verwerkte foto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige straattoneel afgeneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die besondere sonsondergang foto geneem. 
Elmarie Lourens van Vaalpark het die oulike foto van haar “rescue pugs” Dennis & Charlie geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die foto van die baba voëltjies geneem. 
Karin Cronjé, nou terug in Spanje, het die foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
