Local newsNewsNews

Vaalrivier-besoedeling: VF Plus versoek adjunkpresident om in te tree

Rioolvuil, wat ook bloed uit plaaslike abattoirs bevat, vloei weens rioolpompe wat staan as gevolg van beurtkrag, direk in die Vaalrivier in wat groot gesondheidsrisiko's vir inwoners sowel as die omgewing inhou. Die Vaalrivier is 'n noodsaaklike waterbron wat water aan miljoene Suid-Afrikaners verskaf.

Die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit (Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies, Edenville) word weens Eskom se weiering om substasiekapasiteit te vergroot, genoodsaak om hom skuldig te maak aan die besoedeling van die Vaalrivier deur verpligte beurtkrag toe te pas.

(Die besoedeling van die Vaalrivier het natuurlik ook ‘n groot impak op inwoners van Vaal – red)

Benewens die ekonomiese impak wat deurlopende beurtkrag op die plaaslike ekonomie het, word sommige noodsaaklike dienste soos hospitale, rioolpompe, watervoorsiening en rioolbehandelingsaanlegte óók noodwendig van elektrisiteitstoevoer afgesny.

Beurtkrag word in hierdie munisipaliteit geïmplementeer omdat die huidige elektrisiteitsverbruik van die munisipaliteit die kapasiteit wat die Eskom-substasie tans kan lewer, oorskry. Die enigste blywende oplossing hiervoor is om die kapasiteit van die substasie te vergroot. Eskom is egter nie geneë daartoe nie, tensy die munisipaliteit sy totale uitstaande rekening vereffen, alhoewel die munisipaliteit sy betalingsooreenkoms met Eskom nakom.

Eskom vereis onverbiddelik dat die totale uitstaande bedrag ten volle betaal word voordat daar enigsins onderhandel kan word oor die kapasiteitverhoging by sy substasie. Hierdie houding verplig die munisipaliteit om beurtkrag toe te pas ten einde te verhinder dat Eskom se substasie oorlaai word en, soos wat ‘n rukkie gelede gebeur het, weer ontplof.

Die besoedeling van die Vaalrivier is onaanvaarbaar, veral in ag genome die huidige Covid-19-pandemie, en daarom het die VF Plus ‘n skrywe gerig aan die adjunkpresident, David Mabuza, om dringend in te gryp en behulpsaam te wees met die stopsit van die besoedeling van die Vaalrivier.

Mediaverklaring uitgereik deur: Phillip van der Merwe, VF Plus-raadslid: Ngwathe-plaaslike munisipaliteit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button