Laerskool Risiville wéér toe oor Covid-19
VEREENIGING. – Laerskool Risiville is vir die tweede keer in minder as ‘n maand genoop om te sluit weens die Covid-19-virussiekte. Die skool se hoof, mnr. Marius Willemse, het in ‘n WhatsApp stemnota ouers, leerders en personeel meegedeel dat die skool Maandag 6 Julie gesluit te wees. “Ongelukkig is daar wel weer ‘n gr. 7-leerder …
VEREENIGING. – Laerskool Risiville is vir die tweede keer in minder as ‘n maand genoop om te sluit weens die Covid-19-virussiekte.
Die skool se hoof, mnr. Marius Willemse, het in ‘n WhatsApp stemnota ouers, leerders en personeel meegedeel dat die skool Maandag 6 Julie gesluit te wees.
“Ongelukkig is daar wel weer ‘n gr. 7-leerder by ons skool positief getoets vir die virus. Die leerder het verlede Dinsdag (30 Junie) ongesteld geraak en is omstreeks 10:00 huistoe gestuur vanwaar toetsings ondergaan is. Die positiewe uitslag was aan ons bekend gemaak. Kinders wat naby die betrokke leerder beweeg het se ouers sal persoonlik in kennis gestel word. Hulle sal in isolasie moet bly vir nog sewe dae.
“Ek raai alle ouers aan om hulle kinders deeglik te monitor vir die simptome en om dokter toe te gaan of om te gaan vir toetsings waar nodig,” het Willemse in die stemnota gesê.
Volgens Willemse is daar ná beraadslaging met die onderwysdepartement en die beheerliggaam-voorsitter, mnr. Frik Roets, besluit om die skool Maandag 6 Junie te sluit sodat ‘n intensiewe skoonmaakproses gevolg kan word alvorens die skool weer Dinsdag 7 Julie kan heropen.
Die skool het laaskeer laat weet dat hulle ingevolge “protokol” nie direk met Vaalweekblad mag praat nie, maar dat kommunikasie deur die hoofkantoor van die Gautengse Departement van Onderwys moet geskied.
Soos die vorige keer was kommentaar was nie onmiddelik beskikbaar nie.
Laerskool Midvaal, ‘n ander laerskool in binne die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit was verlede week ook vir sanitasie gesluit nadat ‘n onderwyser positief vir die Covid-19 virussiekte getoets het. Die skool sal Maandag 6 Junie weer heropen terwyl Laerskool Risiville gesluit sal wees.
Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het verlede week gewaarsku oor ‘n skerp toename in Covid-19 gevalle in die gebied.

