Local newsNewsNews

Pragfoto’s om naweek mee af te sluit

Die naweek word afgesluit met pragtige foto's deur Vaalweekblad se talentvolle "lockdown-fotograwe". Geniet 'n rustige Sondag.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die vyfde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in die Vaalweekblad-uitgawe van 1 Julie verskyn, en die sesde groep verskyn weer Woensdag, 8 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie kunstige natuurfoto geneem.
    “God is watching us”. Elouise Rudd Slier van Vanderbijlpark het die unieke foto geneem. Kan julle ook die oog daar in die wolke sien?
    Anita Bester van Kempton Park het hierdie pragtige landskapfoto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Bernard du Toit van Riversong Farm in die Koue Bokkeveld het hierdie donker, besondere landskapfoto geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlark het hierdie kunstige foto geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het hierdie kunstige foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Hennie Coetsee van Meyerton het die besondere foto van die swerm voëltjies geneem.
    Jaco van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die pragtige natuurfoto geneem.
    Karin Cronjé het die pragtige foto geneem. Karin wat gedurende die inperking in Standerton by haar ouers tuisgegaan het, is nou weer terug in Spanje. Die foto is tydens ‘n besoek aan die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het die foto van herhalende patrone foto geneem van dakteëls.
    Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige toneel afgeneem terwyl die son sak.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi sonsondegang foto geneem. (Die program het egter die boonste deel van die pragtige hemelruim afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
    Ria Viljoen het ook die mooi natuurfoto geneem. Sy het die twee foto’s uit twee verskillende hoeke geneem en altwee is pragtig.
    Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige foto geneem.
    Yvette Wilde from Vereeniging, well known local animal activist and founder of 50 Shades of Spay, took this beautiful photo.
    Chris Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van ‘n Jan Hendrikkie geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button