Local newsNewsNews
6 Julie: Reeds 36 Covid-19 sterftes in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het tans 2 528 geregistreerde Covid-19 gevalle, wat 36 sterftes insluit en 594 pasiënte wat reeds herstel het.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 1 882 (waarvan 474 herstel het) = 1 408 aktiewe gevalle
Midvaal 264 (waarvan 41 herstel het) = 223 aktiewe gevalle
Lesedi/Heidelberg-streek 339 (waarvan 79 herstel het) = 260 aktiewe gevalle
Daar is steeds 43 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- Daar is in totaal reeds 63 404 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 18 585 herstel het en 353 gesterf het. Altesaam 2 553 pasiënte het ernstige simptome en word in hospitale of klinieke behandel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
