Local newsNewsNews
Nog ‘n ongeluk by berugte kruising in Drie Riviere
VEREENIGING. - Die berugte Umtata- en Sabiestraat-kruising het vanoggend weer sy tol geëis. Volgens inwoners is daar gereeld, amper weekliks, ongelukke by dié kruising en het dit al tot baie verdriet gelei.
Die probleem is glo reeds verskeie kere by die stadsraad aangemeld, maar daar tot op hede is daar nog niks aan die probleem gedoen nie. As mens na die ongelukstoneel kyk is dit duidelik dat die gebrek aan duidelik sigbare padtekens die grootste probleem is.
Dié keer was die betrokkenis gelukkig om net met ligte beserings daarvan af te kom. ‘n Mens kan net wonder hoeveel ongelukke moet nog daar gebeur voordat iets aan die probleem gedoen gaan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
