Vurige fotograwe se rooiwarm-oes
Dit mag dalk nog winter wees, maar die vurige fotograwe het vandag weer pragtige foto's opgedis wat mens se hart sommer warm maak met trots.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die vyfde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in verlede week se Vaalweekblad (1 Julie) verskyn, en die sesde groep verskyn weer Woensdag, 8 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

“On fire.” Michelle Hart van Sasolburg het hierdie kunstige foto geneem. 
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi natuurfoto geneem. 
Mario Vieira van North Riding het die gesellige “night cap” foto geneem. 
Nico Smit van Vanderbijlpark het die mooi foto van sy woef, Snoekie, geneem terwyl die son sak. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto tydens ‘n besoek aan die Voortrekkermonument geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die pragtige sonsondergang foto geneem. 
Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem van die sonstrale wat warm op haar sussie, Zuleika, se gesig val. 
Albertus Kriel van Vereeniging het ‘n kunstige foto van die vuur vasgevang. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi lyne van die landskap tydens ‘n besoek aan die Rietvlei Natuurreservaat afgeneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die landskapfoto tydens ‘n vakansie geneem. 
Bennie Henning van Germiston het die kunstige foto geneem terwyl die son begin sak. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Bernard du Toit van Riversong Farm in die Koue Bokkeveld het hierdie landskapfoto met sy warm kleure geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die pragtige natuurfoto geneem. 
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang tydens ‘n hengeluitstappie afgeneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige makro foto geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die donker, kunstige foto geneem. 
Karin Cronjé van Andorra (naby Spanje) het die pragtige natuurfoto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie foto van die rooi hemelruim geneem.
