Passie kan in foto’s bespeur word
Vaalweekblad is sommer baie in sy skik met die mooi foto's wat daagliks ontvang word, veral as daar in ag geneem word dat baie van die fotograwe nie eens 'n kamera besit of enige fotografie opleiding het nie. Julle passie is verblydend en kan in jul mooi foto's bespeur word. Knap gedaan!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die sesde fotoblad vand die “lockdown-fotograwe” verskyn in more se Vaalweekblad (8 Julie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Ria Viljoen van Garsfontein het die besondere toneel tydens een van haar uitstappies raakgesien en vasgevang. 
Rozan Koen van Vaalpark het die oulike monochroom foto van haar klein karnallie geneem. 
Graad 7-leerling Shane du Preez van Vereeniging het hierdie mooi natuurfoto geneem. 
Amanda Vermeulen van Kempton Park het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Adriaan de Waal (15) van Belfast ht die pragtige natuurfoto geneem. 
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige natuurfoto geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto van die renosters by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die oulike foto van die twee maters geneem. 
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem. 
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi monochroom foto geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die mooi foto geneem. 
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die pragtige foto van die maan geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto van die kolgans wat in die water baljaar in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem. 
Karin Cronjé van Andorra (naby Spanje) het die mooi foto van ‘n roos geneem. 
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n geveerde vriendjie geneem. 
Nico Smit van Vanderbijlpark het die mooi foto van die vreemde wolke in die lug geneem. 
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die pragtige monochroom foto van ‘n roos wat met waterdruppels versier is geneem. 
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die pragtige foto van haar kleindogter, Anri, en haar liefdevolle viervoet, Sharky, geneem.
