Die lewe deur die lens van fotograwe
Die mooi van die lewe om ons, soos gesien en vansgevang deur die "lockdown-fotograwe." Geniet nog 'n puik versameling.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die sesde fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in vandag se Vaalweekblad (8 Julie) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Die volgende versameling verskyn weer in die uitgawe van 15 Julie.
Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto op Riversong Farm geneem. 
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom foto geneem. 
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi landskap foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto geneem. 
Adriaan de Waal (15) van Belfast het die kunstige natuurfoto geneem. 
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi monochroom foto geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die pragtige natuurfoto geneem. Sy sê die Hibiscus is een van haar haar gunsteling blomme. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi landskapfoto tydens ‘n besoek aan die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Karin Cronjé van Andorra (naby Spanje) het die mooi foto van rose geneem. 
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die boodskap met die naaldekoker daarop afgeneem. 
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die besondere foto geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi monochroom foto van die maan geneem. 
Michelle Hart van Sasolburg het die foto van die son wat tussen die bome wegsak geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het hierdie mooi lyne raakgesien en afgeneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto tydens ‘n uitstappie in die natuur geneem.
