Local newsNewsNews

Ligte-leesstof: Nuwe resep vir nuwe Suid-Afrika

Vaalweekblad se redaksiespan bestaan tans uit begaafde skrywers en bekroonde fotograwe waarop ek sommer baie trots is. Vaalweekblad wil graag na al ons lesers se behoeftes omsien, en omdat daar verskeie lesers is wat nie net altyd oor die harde nuus wil lees nie, deel ek graag hierdie oulike skrywe in ligte luim deur een van Vaalweekblad se top-skrywers, Gerda Bruinette.

Gerda skryf:

Ek maak ‘n draai in die kombuis. Pa het die pot en daai gril-my-dood-bruinpapmeel uit. Die ouers glo aan pap eet in die oggend. Ek deel nie daai geloof nie. Ma kom in die gang af, bril op met ‘n stuk van die oorspronklike papboks in die hande. “Hier is die resep” sê sy.
“Maar Ma, Pa weet mos hoe om daai pap te maak.”
“Hulle het die resep verander,” sê Ma “dis ‘n nuwe boks.”
Ek loop voor ek gril vir die pap. Ma lees die resep. Ek hoor iets van 200 en Pa herhaal iets van 400.
My nuuskierigheid kry die oorhand en ek gaan gooi ‘n verdwaalde papier in die kombuisasblik weg. Pa staan by die stoof en roer die mengsel. “Lees weer” sê hy. Ma lees. “Lees in Afrikaans” brom Pa. “Die resep is in Engels” sê Ma.
“Dis hierdie nuwe Suid-Afrika,” verklaar Pa en roer vinniger. “Is jy seker dis genoeg water?”
“Ja” kom dit van Ma, “draai stadiger daai plaat.” “Gerdatjie kom kyk hier,” roep Pa my terug. “Die pap se kleur is nie donker genoeg nie. Dis net mieliemeel die.”
“Nico, dis die Nuwe Suid-Afrika. Moenie rassisties wees teenoor die pap nie,” kom dit van Ma. Ek lag te veel en vlug kamer toe. ‘n Paar minute later hoor ek my Pa. “Die goed is taai.”
Antwoord Ma: “Nou maak dit reg. Jy is mos ‘n visserman. Jy kan pap maak.” Sela!

Illustrasiefoto van daai lekker pap!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button