Local newsNewsNewsBreaking News

Rugbyklub se velde brand af

VEREENIGING. – Asof dit nie erg genoeg is dat kontaksporte soos rugby weens inperkingsregulasies verbied word nie, het die Vereeniging Rugby Klub pas ‘n verdere terugslag beleef. Die klub se rugbyvelde het laasnag afgebrand. Volgens Koos Bosman, voorsitter van die Vereeniging Rugbyklub, is dit tans onbekend hoe die brand ontstaan het. Hy het wel bevestig …

VEREENIGING. – Asof dit nie erg genoeg is dat kontaksporte soos rugby weens inperkingsregulasies verbied word nie, het die Vereeniging Rugby Klub pas ‘n verdere terugslag beleef.

Die klub se rugbyvelde het laasnag afgebrand.

Volgens Koos Bosman, voorsitter van die Vereeniging Rugbyklub, is dit tans onbekend hoe die brand ontstaan het.

Hy het wel bevestig dat die klub se rugbyvelde afgebrand het.

“Al drie die velde het blykbaar afgebrand. Ek was nog nie self daar nie maar het foto’s gesien,” het hy Woensdag laat weet.

“Ons het gelukkig nou die dag die gras gesny. Dit was vreeslik lank gewees. Omdat ons die gras so kort gesny het kon die brand gelukkig nie verder versprei nie.”

Volgens Bosman was daar gelukkig geen skade aan die klubhuis nie.

Daar word gehoop dat die gras mooi groen sal uitgroei voordat rugby weer gespeel kan word.

 

Vereeniging Rugbyklub se velde het afgebrand. Foto: Verskaf
Vereeniging Rugbyklub se velde het afgebrand. Foto: Verskaf
Vereeniging Rugbyklub se velde het afgebrand. Foto: Verskaf
Vereeniging Rugbyklub se velde het afgebrand. Foto: Verskaf
Vereeniging Rugbyklub se velde het afgebrand. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button