Leer bietjie meer oor nog een van ons kranige fotograwe
Vaalweekblad wil vandag ander "lockdown-fotograwe" en lesers so bietjie vertel oor een van die lockdown-fotograwe wie se mooi foto's daagliks op ons webtuiste verskyn. Karin Cronjé wat eintlik in Andorra woon, het Suid-Afrika besoek om 'n begrafnis by te woon toe die nasionale inperking ingetree het. Sy moes tot sowat twee weke gelede by haar ouers in Standerton tuisgaan, voordat sy kon terugkeer Androrra toe. (Androrra is 'n klein onafhanklike land tussen Frankryk en Spanjé in die Pyrenese-berge). Karin gebruik sommer haar selfoon om haar pragtige foto's te neem. Vaalweekblad sien uit na die mooi foto's wat Karin vanuit Andorra met ons gaan deel.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die sesde fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se Vaalweekblad (8 Julie) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Die volgende versameling verskyn weer in die uitgawe van 15 Julie.
Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Karin Cronjé was vir ‘n lang tydperk tydens die inperking in Suid-Afrika vasgekeer by haar ouers se huis in Standerton, maar sy is nou weer terug is in Andorra. 
Een van Karin Cronjé se kunstige foto’s wat sy uit Andorra met ons gedeel het. 
Nog een van Karin Cronjé se pragtige foto’s. 
Madré Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom foto van ‘n kitaar geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het hierdie mooi sonsondergang foto geneem. 
Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie kunstige foto geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het hierdie mooi foto op Riversong Farm geneem. 
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto van die bome in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.(Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi monochroom foto geneem. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Huibrecht Henning van Henley-on-Klip het die mooi sonsondergang foto op hul plaas geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die pragtige foto geneem. 
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton, een van die meer gevorderde fotograwe op die blad, het die pragfoto van kompilmentêre kleure geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem. 
Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto van die rivier geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Yolande van Schalkwyk van Vereeniging het die pragtige landskapfoto teen skemer geneem. 
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto op ‘n plaas in Midvaal geneem.
