Local newsNewsNews
Vrouedag-kompetisie net vir die Vaal
VEREENIGING. - Vaal Care, 'n plaaslike nie-winsgewende organisasie, bied 'n Vrouedag-kompetisie net vir inwoners van die Vaal aan. "Moenie die geleentheid misloop nie, daar is fantastiese pryse op die spel," nooi die organiseerders.

Vaal Care is ‘n geregistreede NPO, ‘n projek vanuit die gemeenskap, vir die gemeenskap! Die organisasie wat in Vereeniging gesetel is, samel fondse in wat vir die gemeenskap gebruik sal word, deur bekostigbare profesionele dienste te bied.
Hulle fokus op onder meer: terapie, trauma-berading, mediasie, ouerskapplanne, opleiding en assessering van kinders.
Neem deel aan hul nuwe projek en kompetisie en staan ‘n kans om saam met die genomineerde dames ‘n geskenkbewys ter waarde van R2 500 te wen!
Om deel te neem moet net 6 maklike stappe gevolg word:
# 1. Nomineer ‘n merkwaardige dame in die Vaaldriehoek in een van die 3 kategorieë (onderwys, medies of algemeen) teen slegs R30 per nominasie
# 2. Betaal jou R30 per nominasie via EFT/Kontant bank
Vaal Care
Absa
Rekening nommer: 4083 523 605
Tak kode: 63 2005
Absa
Rekening nommer: 4083 523 605
Tak kode: 63 2005
# 3. Stuur jou bewys van betaling, jou nominasie en ‘n kontak nommer vir die genomineerde dame deur na andrea.vaalcare@gmail.com en motiveer waarom dié dame, Vrou van die Vaal is
# 4. “Like” en “Share” Vaal Care se blad met jou vriende
# 5. “Comment” op die post
# 6. Hou duim vas!
- Sluitings datum vir Nominasies: Vrydag 17 Julie, waarna nominasies op Vaal Care se Facebook blad sal verskyn. Die publiek sal dan kans kry om te stem. Hou ook die plaaslike pers dop!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
