Local newsNewsNews

Spesiale dag vir “lockdown-fotograaf”

Vaalweekblad spog met 'n hele span talentvolle "lockdown-fotograwe" wie se foto's daaglikse met ons lesers gedeel word. Vandag is 'n spesiale dag, want dit is een van die fotograwe (Albertus Kriel) se verjaarsdag. Baie geluk Albertus en dankie dat ons gereeld van jou mooi foto's met ons lesers kan deel.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 7e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn op 15 Julie in Vaalweekblad. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Dit is vandag Albertus Kriel van Vereeniging se verjaarsdag. Baie geluk van Vaalweekblad en die res van die “lockdown-fotograwe”. Dankie dat ons jou prag-foto’s so gereeld met ons lesers kan deel.
    Nog een van Albertus Kriel se kunstige monochroom foto’s.
    Anita Bester van Kempton Park het die mooi landskapfoto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto op Riversong Farm geneem.
    Christo Claassens van Deneysville het die mooi foto op Kommandonek Wildsplaas in Vredefort geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n roos geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die landskapfoto geneem.
    Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto van die bome in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die interessante foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    “Wat het met my pophuis gebeur?” Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie besondere foto geneem.
    Karin Cronjé van Andorra (naby Spanje), het hiedie mooi foto van Afrika-kuns geneem.
    Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het hierdie pragtige foto van die rivier met sononder geneem.
    Madré Fourie van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.
    Perfekte tydsberekening! Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto geneem.
    Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die oulike foto van die gesin se “prinsessie” geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n beeld by die Voortrekker Monument geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het die interessante foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button