Fotograwe sal jou op reis neem, sonder dat jy koud hoef te kry
Dit is vandag pure winter en beslis beter om lekker warm in die huis te bly. Die fotograwe se mooi foto's sal jou op 'n reis neem sonder dat jy koud hoef te kry. Geniet nog 'n puik versameling!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 7e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn op 15 Julie in Vaalweekblad. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Elaine Cilliers van Vanderbijlpark het die pragtige foto van die boom voor haar huis geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die oulike stillewe foto geneem. 
Ria Viljoen van Grasfontein het die mooi foto van die besondere boom geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige foto van die abstrakte lyne geneem. 
Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto van haar sussie Zuleike geneem. 
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto geneem. 
Amanda Vermeulen van Kempton Park, wat op pad terug is na Maleisië, het die mooi foto op die lughawe geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Bennie Henning van Germiston het die pragtige silhouette foto geneem. 
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto van die bome in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige lanskapfoto op Riversong Farm geneem. Hy het laat weet dat dit van gister BAIE koud is daar! 
Dit is die oplossing vir die koue wat tans in die Vaal en regoor die land ervaar word. Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem. 
Karin Cronjé van Adorra (naby Spanje) het die mooi foto tydens die inperking op haar pa se plaas in Standerton geneem, voordat sy kon terug gaan Andorra toe. 
Madré Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto tydens ‘n besoek aan die Voortrekker Monument geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die foto tydens ‘n besoek aan die Voortrekker Monument geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom natuurfoto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem.
