Local newsNewsNews

Mooi foto’s vir ‘n rustige Sondag

Vaalweekblad wens al ons lesers en fotograwe 'n rustige Sondag toe. Geniet vandag se mooi foto's.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 7e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn op 15 Julie in Vaalweekblad. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Dis koud daarbuite! Eileen Pretorius van Alberton het die skattige monochroom foto geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die verlore herfsblare geneem.
    Hanti Pretrorius van Vereeniging het die foto van die wolke wat koue voorspel geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die voëltjie in die Rhino & Lion Park geneem.
    Karin Cronjé van Adorra (naby Spanje) het die mooi foto van ‘n hadida wat water drink tydens die inperking op haar pa se plaas in Standerton geneem. Sy is intussen terug Adorra toe.
    Madré Fourie van Vanderbijlpark het die monochroom foto tydens ‘n besoek aan die Voortrekker Monument geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die monochroom foto tydens ‘n besoek aan die Voortrekker Monument geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem.
    “Ek het jou ook lief, maar moet my nie te lank vasdruk nie”. Rozan Koen van Vaalpark het die oulike foto van haar skattige kleingoed geneem.
    Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige monochroom foto geneem.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park, wat op pad terug is Maleisië toe, het die mooi foto op hul lang reis terug geneem.
    Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto van ‘n zebra by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Bennie Henning van Germiston het die mooi landskapfoto geneem.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige sonsondergang op Riversong Farm geneem.
    Bernard du Toit het ook hierdie mooi foto van die waterval geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi tekstuur foto van boombas geneem.
    Nicolette van Schalkwyk het hierdie mooi familiefoto van oupa Riaan en sy “biker” kleinkinders geneem.
    Karin Cronjé van Adorra (naby Spanje) het die mooi foto tydens die inperking op haar pa se plaas in Standerton geneem. Sy is nou weer terug in Andorra.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi toneel tydens een van haar natuur-uitstappies geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button