Nuwe week met mooi foto’s afgeskop
Dis die begin van 'n nuwe week en tyd vir nog 'n mooi versameling foto's deur Vaalweekblad se "lockdown-fotograwe".
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 7e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn op Woensdag, 15 Julie in Vaalweekblad. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van die geveerde besoekertjie geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie mooi monochroom foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Hanti Pretrorius van Vereeniging het hierdie mooi foto van die herfsblare geneem. 
Karin Cronjé van Adorra (land tussen Spanjé en Frankryk), het hierdie mooi foto van haar dogter op haar pa se plaas in Standerton geneem tydens die inperking. 
Mattithyah van der Merwe het die mooi foto vanuit die Kaap gedeel. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto van die Voortrekker Monument geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige monochroom foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het hierdie kunstige foto van die rooi rose geneem. 
Sonja Jordan van Daleside het hierdie besondere foto van die koue wolke geneem. 
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto van die vlamme geneem. 
Amanda Vermeulen van Kempton Park, wat oor die naweek terug gegaan het Maleisië toe, het die mooi foto op hul reistog geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die duif geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die kunstige foto van die brandende blommetjie geneem.
