Local newsNewsNews

Vaal se ystervrou toets positief vir Covid-19

VANDERBIJLPARK. - As daar fout in die Vaal is, is die Vaal se ystervrou daar om hulp te verleen en te help waar sy kan. Dit is hoe inwoners Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus ken. En nou is ons ystervrou plat in die bed met Covid-19.

“Niks kan jou voorberei vir die pyn nie … dis onbeskryflik. Wat begin het as ‘n verkoue het my binne 48 uur plat in die bed gehad,” het Gerda in ‘n eksklusiewe onderhoud met Vaalweekblad vertel.
Sy het sowat ‘n week gelede bietjie verkouerig begin voel, maar niks daarvan gedink nie. Sy was daardie Maandag skaars by die kantoor of sy kry die boodskap van die Speaker van Emfuleni dat sy moet ingaan vir toetsing. Dit het aan die lig gekom dat ‘n raadslid reeds siek was tydens die vorige week se raadsvergadering. Dié betrokke raadslid het voor Gerda in die vergadering gesit.
“Ek het nadat ek ingegaan het vir die toetsing, onmiddelik huistoe gegaan en begin met self isolasie. Daardie aand het ek erge spierpyn en hoofpyn begin ervaar. Dinsdag was ek plat in die bed,” vertel Gerda.
Sy het die afgelope naweek die amptelike uitslag gekry dat sy positief getoet het.

Vaalweekblad wens Raadslid Gerda Senekal alle sterkte toe en hoop dat sy sommer vinnig beterskap sal ervaar.

  • Lees in Woensdag se Vaalweekblad die volledige berig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button