DANKIE sakelui – vir meer as R230 000 se skenkings aan mense in nood
Hierdie sakemense en individue wat so gehelp het met skenkings en bydraes is Johan Beukes, Fanie de Jongh, Werner Strydom, Koos Strydom, Flip Roslee, Frikkie Botha, Herman Pieterse sr., Blue Ribbon, Matine de Bruyn, Hannes van Richman Poorman, sowel as Chris en Liezl Viljoen.
Cobus Cato van Vanderbijlpark skryf:
Daar was in die afgelope tyd geweldig baie gedoen om behoeftige mense sovêr moontlik te voorsien van ‘n kospakkie. Dit was nooit ‘n oorvloedige hoeveelheid wat vir ‘n onbepaalde tyd kon hou nie maar het tot ‘n groot mate in baie huishoudings verligting gebring.
In hierdie geval het die VF+ weer eens nie agteruit gestaan nie en het selfs voor die inperking reeds begin met die kosvoorsieningsprojek. Al hierdie reëlings het agter die gordyn gebeur en niks is aan die groot klok gehang om ten aansien van die breë publiek te probeer indruk maak nie. Onder die sterk leidende hand van raadslid Gerda Senekal, wat die VF+ leier in Emfuleni is, het baie dinge baie vining gebeur. Gerda het ‘n span ondersteuners en vrywilligers saamgestel wat deur die hele proses van kospakkies opmaak en uitgee hulle absolute deel gebring het.
Met die inperking was daar reëls wat die voorsienning van kospakkies tot ‘n mate ingeperk het maar dis ook baie vining hanteer en die voorsienning het foutloos aangegaan. Kospakkies is opgemaak deur skenkings van sakemanne uit die gemeenskap wat onbaatsugtig ingespring het en gegee het wat hulle kon omdat hulle die nood besef het wat in die gemeenskap bestaan.
Sonder die bydraes wat hierdie sakemanne gemaak het sou die voorsienning van die kospakkies heelwat moeiliker gewees het en ons van die VF+ spreek ons opregte dank teenoor hierdie sakemanne uit vir hulle gewillige betrokkenheid om te voorsien waar die behoefte baie sigbaar was. Dit was inderdaad ook nie nie net sakemanne wat bygedra het nie maar ook jong mense in hulle persoonlike hoedanigheid. Wat al hierdie bydraes prysenswaardig maak, is dat nie een van hierdie mense iets in ruil verwag het nie.
Hierdie sakemense en individue wat so gehelp het met skenkings en bydraes is Johan Beukes, Fanie de Jongh, Werner Strydom, Koos Strydom, Flip Roslee, Frikkie Botha, Herman Pieterse sr., Blue Ribbon, Matine de Bruyn, Hannes van Richman Poorman, sowel as Chris en Liezl Viljoen.
Die totale koste word dikwels uit die oog verloor en in hierdie geval was die waarde van die kospakkies ongeveer R235 000 wat uit hierdie omgee-sakegemeenskap gekom het. Vir hulle sê ons baie dankie. Dit word opreg waardeer.
So maak ons, die VF+, saam met die sakegemeenskap ‘n verskil in ‘n gemeenskap waar die behoefte groot is en die sakemanne se harte oop.
Saam sal ons deur enige krisis kan kom.
VF+ Groete.
Cobus Cato.
