Local newsNewsNews

‘Al jul ondesteuning beteken so baie vir my’ sê Raadslid Gerda

VANDERBIJLPARK. - Hoewel die dorp se geliefde Raadslid Gerda Senekal nog glad nie haar ou self is nie, en nog baie pyn ervaar terwyl sy van Covid-19 herstel, het sy vanoggend aan Vaalweekblad vertel dat sy darem al so bietjie beter begin voel. Sy het ook gesê dat sy so verbaas was oor al die liefde en ondesteuning wat sy gekry het na die eerste berig verskyn het, en dat dit vir haar so baie beteken het.

“Van die simptome is beslis al beter, maar veral saans ervaar ek baie pyn in my longe en is dit moeilik om enige rus te kry,” sê Gerda. Sy mag klein van gestalte wees, maar het ‘n bitter groot hart – dit was duidelik aan die hoeveelheid mense se lewens wat sy al geraak het en wie hul ondersteuning en liefde aan haar gewys het toe die eerste berig oor haar siekte-toetstand gepubliseer is.

Gerda het het sowat ‘n week gelede bietjie verkouerig begin voel en uiteindelik kort daarna positief getoets vir Covid-19. Dit het aan die lig gekom dat ‘n raadslid reeds siek was tydens die vorige week (30 Junie) se raadsvergadering. Dié betrokke raadslid het voor Gerda in die vergadering gesit.
Gerda het dadelik na die toets begin met self-isolasie. Haar toetstand het daardie aand begin versleg en sy het erge spier- en hoofpyn begin ervaar. Die volgende dat was sy plat in die bed.
“Ek het nooit verwag dat ek die virus sou kry nie. Ek was eintlik paranoïes en het myself en alles om my die heeltyd skoongehou en gesaniteer. Ek was so versigtig, maar aan die einde is dit ‘n ander persoon se nalatigheid wat my aangesteek het,” sê Gerda.
Vir haar is die lyfseer, hoofpyn en drukking op die bors die ergste. Dan is daar ander simptone soos moegheid, keelseer, ‘n neus wat toe is, drukking op haar oë en diarree.
Om sake te vererger, is Gerda in die gevaar-ouderdom en sy het onderliggende simptome. Sy is tans op kankerbehadeling en dus is haar immuunstelsel afgetakel.
“Ek kan nie plat lê nie, want dan sukkel ek om asem te haal. Ek is baie moeg, maar kry min slaap. Daar was ‘n stadium toe ek selfs verbysterd geraak het,” vertel Gerda. “Die hospitaal neem jou net op as jy so te sê blou in die gesig is, so ek moet myself maar behandel.
“Die virus is nie ‘n klug of maar net ‘n gewone griep nie. Dit is werklik en baie gevaarlik,” waarsku Gerda diegene wat nog twyfel.

Gerda gebruik tans die volgende medikasie:
Acc200
Linctagon se Bronkolese
Strepsils
Spasmed
Pille teen naarheid
Pille teen diarree
Suurlemoen met heuning elke oggend in warm water. ‘n Warm bad elke aand en stoom met Karvol druppels

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button