Local newsNewsNewsBreaking News

Rioolvuil stoot in erwe op, munisipaliteit doen glo niks

VEREENIGING. – Inwoners van Arcon Park moet glo moedeloos toekyk hoe rioolvuil in hul in hulle erwe in opstoot terwyl die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit glo niks doen om hulle te help nie. Colin Orr, ’n inwoner van Disastraat in Arcon Park, sê die hoofdrein in die omgewing het op Saterdag 1 Augustus verstop geraak en …

VEREENIGING. – Inwoners van Arcon Park moet glo moedeloos toekyk hoe rioolvuil in hul in hulle erwe in opstoot terwyl die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit glo niks doen om hulle te help nie.

Colin Orr, ’n inwoner van Disastraat in Arcon Park, sê die hoofdrein in die omgewing het op Saterdag 1 Augustus verstop geraak en dat die probleem reeds aangemeld is. Ten spyte daarvan is niks aan die probleem gedoen nie.

“Die rioolvuil is nou besig om in ons erwe in te loop. Ons het iemand nodig wat ons kan help. As jy die munisipaliteit bel wag jy vir 20 minute en niemand antwoord die foon nie. Waar moet ons dit aanmeld? Is daar ’n alternatiewe nommer?,” wou hy weet.

Volgens Orr het hulle ook vir rdl. Elize Aucamp, raadslid van wyk 45, gevra om te help.

Aucamp het by navraag gesê: “As raadslid kan ek vir jou sê dat Emfuleni se inwoners in die riool verdrink en die munisipaliteit geen poging aanwend om dit te herstel nie.

“Die munisipale bestuurder se antwoord op raadslede se versoeke wissel van ‘noted’ tot ‘I will forward it,’” vertel Aucamp.

Volgens Aucamp is daar talle rioolprobleme in Arconpark en Duncanville.

“Volgens die terugvoering wat ons kry word ’n hoëdrukmasjien benodig om die dreine skoon te maak maar die munisipaliteit het tans nie een beskikbaar nie,” verduidelik sy.

*Vaalweekblad is onlangs oorval met klagtes van mense in ander woonbuurte, soos die middestad, Leeuhof, Peacehaven en Drie Riviere wat met dieselfde probleem sit.

Die rioolvuil stoot op want die dreine is verstop. Foto: Verskaf
Die Emfuni plaaslike munisipaliteit het glo nie ‘n masjien om die dreine mee skoon te maak nie. Foto: Verskaf
Inwoners van Arcon Park is besig om weg te sink in ‘n moeras van rioolvuil. Foto: Verskaf
Verstopte dreine in Arcon Park. Foto: Verskaf

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button