NewsNews

Verskuil tussen die blaaie van ‘n boek

Die foto wys ‘n bibliotekaresse in 1935 wat moedeloos was met die goed wat mense as plekhouers in biblioteekboeke gebruik het. Van ‘n naelskêr tot by ‘n kam, stukkies lemoenskil tot by ‘n stuk gebraaide spek! Sy het gereken die mense het net die naaste voorwerp gegryp om in die boek te sit en dit …

Die foto wys ‘n bibliotekaresse in 1935 wat moedeloos was met die goed wat mense as plekhouers in biblioteekboeke gebruik het. Van ‘n naelskêr tot by ‘n kam, stukkies lemoenskil tot by ‘n stuk gebraaide spek! Sy het gereken die mense het net die naaste voorwerp gegryp om in die boek te sit en dit dan bloot daar vergeet.

Nou se dae lees baie mense net e-boeke, maar persoonlik verkies ek nog ‘n regte boek. Om ‘n nuwe boek in die hand te kan hou en daardie eerste omblaai te gee voordat ek die boek se wonder wêreld betree is besonders. Maar, aan die anderkant is daar al die ou boeke uit tweedehandse boekwinkels. Die wat jy so versigtig moet oopmaak, en saggies moet blaai, wat ‘n eie ou-wêreldse reuk het. Moet sê, ek het darem nog nooit een gekry waaruit ‘n stuk verdroogde spek, ‘n spieëltjie of ‘n vergrootglas geval het nie!

Het darem ook jare laas ‘n biblioteekboek in die hand gehad, maar uit my eie boeke ontdek ek gereeld ou poskaarte of foto’s en so hier en daar nog ‘n gehekelde kruisie of ‘n lekkergoed papiertjie. Wat het jy al in ou boeke ontdek?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button