Vandag word daar weer 'n groot verskeidenheid prag-foto's deur die ywerige fotograwe gedeel. 'n Heerlike naweek word al die lesers en fotograwe toegewens.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi modelfoto geneem. Dricky is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 14de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad (2 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die pragtige oomblik vasgevang.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto die afgelope naweek by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Roelie de Bruyn van Meyerton het die mooi foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die kunstige foto van die welkome reën geneem.Bennie Henning van Germiston het die kreatiewe sonsondergang foto geneem.“Lentebloeisels en sneeu” – Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto onlangs in Robertson geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het verlede naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto met haar selfoon op die roete geneem.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die pragtige foto met sy selfoon geneem.Danie Nel van Parys het die mooi foto van die tarentale en hul kuikens geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto van die wit rose geneem.Ellen Dreyer van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto van die flaminke by die Marievale Bird Sanctuary geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto op 3 September by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto in Clarens geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n besoek aan Masjid Kota Iskandar geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto met haar selfoon. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto met haar selfoon by die Ecopark in Vaalpark geneem.“Die mooiste Kaap” – Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto met haar selfoon geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi wolkformasie afgeneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto met sy selfoon geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi binnehuise argitektuur foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za