Local newsNews

Orion se Voorslag Voortrekkers 2026

Orion Voortrekkers is trots op hul Vories wat na hul suksesvolle evalueringskamp Voorslagtoekennings ontvang het.

VANDERBIJLPARK – Graad 7 is ʼn groot jaar vir elke Voortrekker. Dis die laaste jaar wat hul as Penkoppe bekendstaan. Voordat hul egter volwaardige Verkenners kan word, is daar die Voorslagkamp.

Hierdie jaar se Voorslag-evalueringskamp het einde Augustus by die Voortrekkers se Doornkloofkampterrein plaasgevind. Tydens die praktiese en interaktiewe kamp word die Vories se leiersvaardighede en kennis getoets met betrekking tot alles van vlagseremonies en Die Voortrekkers se geskiedenis tot basiese kaart en kompaswerk.

Alles is prakties en geen teoretiese eksamen word geskryf nie. Vier van Orion Kommando se penkoppe was hierdie jaar by die Voorslagkamp.

Die uitslae is onlangs bekend gemaak. Kelly-Anne du Toit, Jandré Hanekom, Kayden Jooste en Mia Schoeman het almal Voorslag Silwer behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button