NewsNews

Standbeelde gaan nie ‘geskiedenis asblik’ toe nie

Die regering oorweeg dit glo om openbare standbeelde wat ten gunste van apartheid en kolonialisme geag kan word, te verskuif na “temaparke” waar mense dit kan besigtig om meer van die verlede te leer.

Dit is volgens die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, wat gister deelgeneem het aan ‘n debat oor die transformasie van die erfenis-landskap van Suid-Afrika. Hy sê ook plekname, straatname en openbare ruimtes wat volgens hom nog “apartheidstatus” geniet, moet getransformeer word om meer verteenwoordigend te wees.

Maar mense voel egter dat dit die ANC se bedoeling is om alle tekens van die Afrikaner se erfenis en geskiedenis uit SA te verwyder. Die voorgestelde temaparke word eerder as ‘n begraafplaas van die Afrikaanse kultuur en geskiedenis beskou.

  • Intussen is die standbeeld van oud-president Paul Kruger op Kerkplein in gedrang en is die standbeeld van oud-president MT Steyn reeds vanaf die Universiteit van die Vrystaat na die Oorlogsmuseum in Bloemfontein verskuif.
    Die MT Steyn-standbeeld is reeds geskuif.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button