Local newsNewsNews

Stop korrupsie! Valies ondersteun Move One Million

VANDERBIJLPARK. - As jy vandag in die omgewing van Phoenix Park in die dorp is sal jy die Valies gewapen met Suid-Afrikaanse vlae en plakkate sien, asook die aahoudende geraas van motor-toeters hoor en besef dat mense vandag hul ontevredenheid oor die stand van sake in die land laat sien en hoor het.

Elsje Vermeulen

Dit was jy sien is die Move ONE Million vreedsame protesveldtog wat vanaf 10:00 regoor die land plaasvind. Dieselfde man wat die gewilde Facebookgroep #ImStaying geskep het (Jarette Petzer) staan aan die hoof van die geskiedkundige optog. Hy het op Facebook ‘n beroep gedoen dat almal in vreedsame protes op 5 September saamstaan. Teen wat staan almal Saterdag saam? Teen die korrupsie in die land!

Petzer is beslis nie die enigste een wat moeg is vir al die korrupsie in die land nie, want nie net in Suid-Afrika nie, maar in verskeie ander lande gaan almal die optog ondersteun. Deur die optog te steun sal die boodskap hopelik deur die regte mense gehoor word, want Suid-Afrika se toekoms lyk al bleker en bleker.

Fotobeeld van vandag se vreedsame Move One Million protesveldtog by Phoenix Park in Vanderbijlpark. Foto’s: Elsje Vermeulen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button