Local newsNewsNews

Fotograwe se kunstige versameling

Die fotograwe begin die week met 'n kunstige prag-versameling.

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 15de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die kunstige lyne gesien en die pragtige foto met haar selfoon geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem deur die eksperimenteer en het die foto deur die lens van ‘n sonbril geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem. Sy is een van die gevorderde fotograwe op die blad en lid van die Vanderbijllpark Amateur Fotografieklub.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige landskap foto geneem.
Yvette Wilde van Vereeniging het die oulike foto van haar Shih Tzu geneem wat heerlik op die bed uitspan.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto verlede naweek by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto onlangs tydens ‘n uitstappie na die Tanjung Piai Nasionale Park geneem.
Antoinette Smit van Meyerton het die pragtige sonsondergang foto met sy diep kleure geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto onlangs tydens vakansie aan die Weskus geneem.
Danie Mohr van Henley on Klip het die pragtige natuurfoto geneem.
Christell Fouche van Drie Riviere Oos in Vereeniging het die mooi foto van die blommeprag by Matjiesfontein geneem.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die skilderagtige foto met sy selfoon geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Sy het die mooi foto sommer met haar selfoon geneem. Belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Ellen Dreyer van Vanderbijlpark het die kunstige foto van die wolke geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige modelfoto van Karien le Hanie geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
“Ek proe hom al” – Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die oulike foto geneem.
Johan van der Westhuizen van Vaalpark het die makrofoto met sy selfoon geneem.
June Bartlett van George het die pragtige landskapfoto tussen Vredendal en Lambertsbaai geneem. Sy is een van die gevorderde fotograwe op die blad, maar het sommer haar selfoon gebruik om die foto te neem.
“A walk in the woods” – Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto met haar selfoon geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.
Lizette Khun van Sasolburg het die mooi sonsondergang foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button