Local newsNewsNews

Hier gaan ons weer op reis saam met fotograwe

Vaalweekblad deel met trots nog 'n prag-versameling danksy die talentvolle fotograwe.

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 15de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Danie Mohr van Henley on Klip het die pragtige natuurfoto geneem.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi landskapfoto met sy selfoon geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Sy het die interessante foto sommer met haar selfoon geneem. Belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van ‘n korhaan geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die kleurryke natuurfoto geneem.
June Bartlett van George het die pragtige landskapfoto tussen Vredendal en Lambertsbaai geneem. Sy is een van die gevorderde fotograwe op die blad, maar het sommer haar selfoon gebruik om die foto te neem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto tydens ‘n daguitstappie na Organyà in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg hetdie mooi foto van ‘n vinkie wat nes bou geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto in Parys geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige landskapfoto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die interessante stillewe foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto tydens een van haar uitstappies geneem.
Sarie Liebenberg van Vaalpark het die oulike tuinfoto geneem.
Thys Eigenhuys van Vereeniging het die mooi foto in Kathu met sy selfoon geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi natuurfoto onlangs tydens ‘n uitstappie na die Tanjung Piai Nasionale Park geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi straattoneel foto geneem.
Roelie de Bruyn van Meyerton het die mooi silhouette foto geneem toe die son begin sak.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto onlangs by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto in Robertson geneem.
Antoinette Smit van Meyerton het die kunstige sonsondergang foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button