Local newsNews
Kampioen-seisoen vir Vaalpark Primêr hokkiedogters
Die o13A-hokkie dogters van Vaalpark Primêr het slegs een doel in drie kampioenskappe afgestaan. Veels geluk.
VAALPARK – Vaalpark Primêre Skool se eerstespan hokkie het ʼn algehele vyfde plek in die Champ of Champs kampioenskappe behaal wat 23 -24 September in Potchefstroom gehou is.

Tydens die kampioenskappe het die span twee wedstryde gewen en twee gelykop gespeel. In die proses het hul slegs een doel afgestaan.
Dié o13A-span het 37 wedstryde die afgelope seisoen gespeel en het die Fezile Dabi Liga sowel as Noord Vrystaat se Best of the Best gewen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
