Local newsNewsNewsBreaking News

Inwoners al vir dae lank sonder krag

VEREENIGING. – Inwoners van Kowiestraat in Drie Riviere kla dat hulle al sedert die naweek sonder krag sit nadat ’n kragpaal in die buurt ontplof het.   Volgens Charmain Grobler, ’n gemeenskapsaktivis, is die probleem al male sonder tal by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit aangemeld. Ten spyte daarvan is inwoners glo al vir die afgelope …

VEREENIGING. – Inwoners van Kowiestraat in Drie Riviere kla dat hulle al sedert die naweek sonder krag sit nadat ’n kragpaal in die buurt ontplof het.   Volgens Charmain Grobler, ’n gemeenskapsaktivis, is die probleem al male sonder tal by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit aangemeld. Ten spyte daarvan is inwoners glo al vir die afgelope vier dae sonder krag.   Volgens Grobler is daar buiten die ongerief wat dit veroorsaak siek mense in die buurt wat van suurstofmasjiene afhanklik is. Sy meen die situasie is tans onuithoudbaar.   “Drie Riviere is die wyk van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit wat die meeste geld vir die munisipaliteit inbring. In plaas van om na inwoners in hierdie gebied om te sien is die munisipaliteit besig om hul alies aan ons af te smeer,” het Grobler Dinsdag driftig aan Vaalweekblad vertel.   Daleen Venter, raadslid vir Drie Riviere, sê die probleem al 17 keer by die betrokke afdeling aangemeld. Sy sê: “Die paal het vermoedelik Vrydagoggend net na 04:00 ontplof. Die probleem is die eerste keer omstreeks 05:30 deurgegee.Omstreeks 07:00 het die paal weer geskiet en gekap en toe is nog meer huise af. Daarna is die probleem talle kere weer deurgegee.” Inwoners het teen die tyd wat die berig gepubliseer is steeds vir iemand om uit te kom.

Inwoners van Drie Rivier is al vir vier dae sonder elektrisiteit nadat hierdie kragpaal ontplof het. Foto: Verskaf
Inwoners van Drie Rivier is al vir vier dae sonder elektrisiteit nadat hierdie kragpaal ontplof het. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button