Foto’s van heinde en ver
So reg in die middel van die week kort almal 'n breek! Kom loer saam na foto's van heinde en ver.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 15de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
















