Inwoners vertel oor dae van hel sonder krag
VEREENIGING. – ’n Kragonderbreking wat dae lank geduur het nadat ’n kragpaal in Kowiestraat ontplof het, het verreikende gevolge vir inwoners oud en jonk gehad. Elmarie Strydom, ’n inwoner, vertel dat haar man, Dawid, met erge longontsteking sukkel nadat hy onlangs die Covid-19 virussiekte opgedoen het. Hy sterk by die huis aan met ‘n …
VEREENIGING. – ’n Kragonderbreking wat dae lank geduur het nadat ’n kragpaal in Kowiestraat ontplof het, het verreikende gevolge vir inwoners oud en jonk gehad. Elmarie Strydom, ’n inwoner, vertel dat haar man, Dawid, met erge longontsteking sukkel nadat hy onlangs die Covid-19 virussiekte opgedoen het. Hy sterk by die huis aan met ‘n suurstofmasjien wat met elektrisiteit werk. “Dawid se longe lyk sleg en sonder stuurstof val sy suurstofvlakke na onder 80 toe. Toe die krag afgaan het sy suurstofmasjien ook afgegaan. Ek het onmiddelik die kragopwekker aangeskakel maar die gasse was nie goed vir my man nie. Hy het begin hoes.” ’n Verlengingskoord moes toe gebruik word om eletrisiteit van ’n buurman (met krag) se huis af te herlei. Die selfde buurman moes reeds die bure aan die anderkant help omdat hulle krag ook af is. Lindie du Preez Celliers het aan Vaalweekblad vertel die situasie plaas onnodige druk op bejaarde inwoners soos haar 75-jarige ma. “Sy moet kos maak. Sy moet die diere kos gee. Vrieskaste loop af. Swembadpompe kan nie werk nie.” Volgens Lindie kan almal nie kragopwekkers bekostig nie. “My ma is iemand wat elke maand stiptelik haar elektrisiteitsrekening betaal en dit is dan nou die diens wat deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gelewer word…” “Ek weet nie regtig hoe lank hulle wil hê ons moet nog sit met die probleem nie. Dit is nou al vier vyf dae wat ons vir Emfuleni wag om uit te kom, het sy Dinsdag aan Vaalweekblad vertel. Rita Kidwell het gister aan Vaalweekblad vertel dat kragtoevoer al na sekere huise herstel is maar dat hulle steeds sonder krag sit. Daleen Venter, raadslid vir Drie Riviere, het gister gesê die probleem is in die afgelope paar dae talle kere by die betrokke afdeling aangemeld. Charmaine Grobler, ‘n gemeenskapsaktivis, sê: “Nadat inwoners die saak onder die munisipaliteit gebring het het die amptenaar bloot laat weet dat daar kennis geneem word van die probleem. “As dit nie nuwe normaal is weier ons om die nuwe normaal te aanvaar.”



