Local newsNewsNewsBreaking News

Raaisel oor lae waterdruk

VEREENIGING. – Daar is baie water in Drie Riviere, die dorp waar die Vaalrivier, Kliprivier en Suikerbosrandrivier saamvloei, maar nie noodwendig in inwoners se krane nie.   Terwyl paaie besig is om oor te spoel weens lekkende pype wat al vir maande lank nie herstel is nie, kla inwoners dat daar gedurende die dag bykans …

VEREENIGING. – Daar is baie water in Drie Riviere, die dorp waar die Vaalrivier, Kliprivier en Suikerbosrandrivier saamvloei, maar nie noodwendig in inwoners se krane nie.

 

Terwyl paaie besig is om oor te spoel weens lekkende pype wat al vir maande lank nie herstel is nie, kla inwoners dat daar gedurende die dag bykans geen water in die krane is nie.

 

Volgens inwoners met wie Vaalweekblad gepraat het begin die waterdruk in die oggende in die omgewing van 07:00 te daal. Dan is daar vir die hele dag feitlik geen water tot omtrent 18:00 nie.

 

Raadslid Daleen Venter het by navraag bevestig dat sy reeds verskeie klagtes ontvang het en navraag by die munisipaliteit gedoen het. Ten spyte daarvan kon geen antwoorde nog gegee word nie.

 

Volgens Venter gaan die probleem al vir ongeveer twee tot drie maande so aan.

 

Buiten die ongerief wat dit vir inwoners veroorsaak is dit ook ‘n gesondheidsrisiko aangesien inwoners nie geredelik hul hande kan was nie.

 

Vaalweekblad het ook  navrae aan Chuchi Radebe, ’n woordvoerder van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor wat die probleem is.

 

Radebe het na twee dae laat weet dat hy die vrae vir die betrokke department aangestuur het maar dat daar nog gewag word vir ’n amptelike brief waarin die rede situasie verduidelik word.

 

*Word jy geraak deur dieselfde probleem? Weet jy waarom die waterdruk so laag is in die dag? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos by christiaan.cloete@media24.com

Dit lek al maande lank water op die hoek van Teviotrylaan en The Circus, tog is daar bedags feitlik nie ‘n druppeltjie water in inwoners van Drie Riviere se krane nie. Foto: Christiaan Cloete
Hierdie waterlekkasie op die hoek van Nilerylaan en The Circus lek nou al vir maande., maar bedags is daar nie ‘n druppel water in inwoners van Drie Riviere se krane nie. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button