Local newsNewsNewsBreaking News

Geen water: Emfuleni verduidelik dít is hoekom inwoners nie water het nie

VEREENIGING. – Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het uiteindelik stilswye oor die geheimsinnige watertekorte in Drie Riviere verbreek en ’n verduideliking aan die publiek uitgereik. Dit volg nadat inwoners al vir maande lank kla oor ‘n geheimsinnige daling in waterdruk gedurende die dag wat inwoners se krane laat leegloop. Volgens inwoners met wie Vaalweekblad gepraat het …

VEREENIGING. – Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het uiteindelik stilswye oor die geheimsinnige watertekorte in Drie Riviere verbreek en ’n verduideliking aan die publiek uitgereik.

Dit volg nadat inwoners al vir maande lank kla oor ‘n geheimsinnige daling in waterdruk gedurende die dag wat inwoners se krane laat leegloop.

Volgens inwoners met wie Vaalweekblad gepraat het gebeur dit daagliks in die omgewing van 07:00 in die oggend en word watertoevoer eers laatmiddag herstel.

Volgens Stanley Gaba, ’n woordvoerder vir die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, is waterbeperkinge ingestel om ’n “totale ineenstorting van die massa-watervoorsieingstelsel te voorkom”.

Volgens Gaba het Rand Water reeds sy jaarlikse gemiddelde aanbod van 4 169 megaliter drinkwater per dag met 8% oorskry in die 2019/2020 finansiële jaar.

“Dit is weens verhoogde vraag aan water in die munisipale sektor. Hierdie sektor verteenwoordig die grootste komponent van Rand Water se drinkbare watervoorraad-volumes,” het Gaba laat weet.

Gaba het verduidelik dat die waterbeperkings reeds op 1 Augustus 2020 ingestel is. Hy het dit laat blyk dat die beperkings nie alleenlik tot Drie Riviere beperk is nie, maar dat dit ook ander gebiede in Emfuleni insluit.

“Saam moet die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit en Rand Water help om waterverbruik met 8% te verminder.”

Die munisipaliteit het ’n beroep op inwoners gedoen om water spaarsamige te gebruik ten einde ’n katastrofiese totale ineenstorting van die massa-watervoorsiengstelsel te voorkom.

Daleen Venter, raadslid vir Drie Riviere, het kritiek uitgespreek dat die munisipaliteit nou eers met inwoners oor die kwessie kommunikeer. Inwoners word tog vooraf gewaarsku wanneer beurtkrag toegepas word maar toe die munisipaliteit besluit het om watertoevoer te verminder is inwoners nie behoorlik daaroor in kennis gestel nie.

Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het ‘n beroep op inwoners gedoen om water te bespaar ten einde ‘n “totale ineenstorting van die massa-watervoorsieingstelsel te voorkom”. Dit lek al maande lank water op die hoek van Teviotrylaan en The Circus, tog is daar bedags feitlik nie ‘n druppeltjie water in inwoners se krane nie. Foto: Christiaan Cloete
Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het ‘n beroep op inwoners gedoen om water te bespaar ten einde ‘n “totale ineenstorting van die massa-watervoorsieingstelsel te voorkom”. Hierdie waterlekkasie op die hoek van Nilerylaan en The Circus lek nou al vir maande., maar bedags is daar nie ‘n druppel water in inwoners van Drie Riviere se krane nie. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button