Puik foto's is aan die orde van die dag. Die groep verwelkom ook vir Lizzie Ferguson van Redan, Vereeniging wat vandag vir die eerste keer 'n foto op die blad deel.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto in Spanje (Sant Víctor de Fígols) geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 15de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
“Reflection of Perfection” – Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto in Niewoudsville geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem.Lizzie Ferguson van Redan het die mooi foto van ‘n Appeliefie in haar tuin geneem. Dit is die eerste foto van Lizzie op die blad deel.Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige sonopkoms in Vaalpark geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die kunstige landskapfoto onlangs in Knysna geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige natuur foto geneem.Sané Swart van Odendaalsrus het die interessante natuur foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto onlangs by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.June Bartlett van George het die pragtige landskapfoto tussen Vredendal en Lambertsbaai geneem. Sy is een van die gevorderde fotograwe op die blad, maar het sommer haar selfoon gebruik om die foto te neem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi stadsfoto geneem.Bennie Henning van Germiston het die mooi sonopkoms foto geneem.Christell Fouche van Drie Riviere Oos het die pragtige foto in Tuin van Eden geneem.Danie Nel van Parys sê hy wag al 25 jaar om ‘n foto soos die van ‘n luiperd te kan neem. Hy het die pragtige foto op 7 September 2020 tussen Skukuza en Pretoriuskop geneem.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi landskapfoto met sy selfoon geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die oulike foto van haar katjies geneem.Edna Cyster van Saldanhabaai het die pragtige foto geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van ‘n houtkapper by die Rietvlei Natuur Reservaat geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi stillewe foto opgestel en afgeneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark, lid van die Vanderbijllpark Amateur Fotografieklub, het die kreatiewe foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za