Local newsNewsNewsBreaking News

Vryheidsfront Plus wil Vredestrein by Vereeniging-stasie wegskuif

VEREENIGING. – Die Vryheidsfront Plus sê hy wil ’n gesprek met die Sedibeng distrikmunisipaliteit se burgemeester Busisiwe Modisakeng voer oor die  verskuiwing van die Vredestrein wat tans by Vereeniging se stasie staan. Die party is in gesprekke om die monument te laat verskuif om dit teen vandalisme te beskerm. Dit volg kort op die hakke …

VEREENIGING. – Die Vryheidsfront Plus sê hy wil ’n gesprek met die Sedibeng distrikmunisipaliteit se burgemeester Busisiwe Modisakeng voer oor die  verskuiwing van die Vredestrein wat tans by Vereeniging se stasie staan. Die party is in gesprekke om die monument te laat verskuif om dit teen vandalisme te beskerm. Dit volg kort op die hakke van die verskuiwing van Die Voortrekkers se Fakkelmonument wat die naweek na die Vredesmonument verskuif is om dit teen vandalisme te beskerm. Die trein het destyds die boeregeneraals, JBM Hertzog, Jan Smuts, Koos de la Rey, Louis Botha en Christiaan de Wet na die Pretoria-stasie vervoer om die vredestraktaat op 31 Mei 1902 te onderteken om ‘n einde aan die vryheidsoorlog teen Brittanje te bring. *Meer volledige berig in volgende week se Vaalweekblad.

Die trein is het destyds die boeregeneraals, JBM Hertzog, Jan Smuts, Koos de la Rey, Louis Botha en Christiaan de Wet na die Pretoria-stasie vervoer om die vredestraktaat op 31 Mei 1902 te onderteken om ‘n einde aan die vryheidsoorlog teen Brittanje te bring.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button