Local newsNewsNews

Lekker veelsydige foto-versameling

Die week word met 'n lekker veelsydige versameling deur die fotograwe afgesluit. Welkom ook aan Marnel Labuschagne van Risiville in Vereeniging wat vir die eerste keer 'n foto op die blad deel.

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 15de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi sonsondergang foto met sy selfoon geneem.
Marnel Labuschagne van Risiville in Vereeniging het die mooi foto van haar oulike Chihuahua, Boeta, geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in die La Comella area geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die oulike foto van haar katjie geneem.
Christell Fouche van Drie Riviere Oos het die pragtige foto van die lentebloeisels geneem.
Danie Nel van Parys hou tans vakansie en het die besondere foto geneem.
Edna Cyster van Saldanhabaai het die pragtige foto geneem.
“In ‘n ry” – Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die oulike foto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
“Wat sien ek daar, is dit dalk die naweek?” – Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die oulike foto geneem.
Die 17-jarige JC van der Walt van Vereeniging het die mooi foto geneem.
June Bartlett van George het die pragtige landskapfoto tussen Vredendal en Lambertsbaai geneem. Sy is een van die gevorderde fotograwe op die blad, maar het sommer haar selfoon gebruik om die foto te neem.
Karin Cronjé van Androrra het die mooi foto in die La Comella area geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die laaste bloeisel aan die boom geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto in Clarens geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die kunstige landskapfoto onlangs in Knysna geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige natuur foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto van die Vaalrivier geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark, lid van die Vanderbijllpark Amateur Fotografieklub, het die foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button