Local newsNewsNews

Heerlike lentedag met mooi foto’s afgesluit

Dis 'n heerlike lentedag hier in die Vaal gewees en al wat die dag nog beter kan maak ... is natuurlik die mooi foto's wat deur die ywerige fotograwe voorsien is.

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 15de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige monochroom foto van ‘n kokerboom in Niewoudsville geneem.
Edna Cyster van Saldanhabaai het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die monochroom silhouette foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die pragtige foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.
“Smaaklike Ete” – Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die monochroom foto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
June Bartlett van George is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat in “newborn” fotografie spesialiseer. Belangstellendes kan haar kontak by 074 106 2163.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos het die mooi foto van die rotse by die Wildekus geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die interessante foto by die Pienk Padstal in Kakamas geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.
Lizzie Ferguson van Redan het die kunstige monochroom foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige natuur foto geneem.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi foto van sy “pride & joy” met sy selfoon geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto in Parys geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark, lid van die Vanderbijllpark Fotografieklub, het die foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die foto tydens ‘n uitstappie na Masjid Kota Iskandar geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button