Daar is geen keer aan die talent van die fotograwe nie ... geniet vandag se puik versameling. Welkom ook aan Peet Schabort van Deneysville wat vandag vir die eerste keer 'n foto op die blad deel.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 16de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (16 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi foto met sy selfoon geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die pragtige foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.lene van der Westhuizen van Vaalpark het die interessante foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.June Bartlett van George wat eintlik in “newborn” fotografie spesialiseer, het die mooi landskapfoto sommer met haar selfoon geneem. Belangstellendes kan haar kontak by 074 106 2163.Lydia Wolmerans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto die naweek by die Rietvlei Natuur Reservaat geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark, lid van die Vanderbijlpark Fotografieklub, het die landskapfoto in Vaalpark geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die harige besoeker afgeneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van die “woestynrose” geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n “scarlet chested sunbird” geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.“Crocs is die lekkerste skoene” – Peet Schabort van Deneysville het die oulike foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.Sonja Hollander van Kempton Park het die buitengewone sonsondergang foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto onlangs by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto onlangs tydens ‘n uitstappie na die Tanjung Piai Nasionale Park geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die pragtige natuurfoto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za