Local newsNewsNews

Meyertonner ontwerp outomatiese ontsmetting-stasie

MEYERTON. – Om hande te ontsmet voor jy by enige besigheid, winkel, skool of klaskamer ingaan het nou al tweede natuur by die meeste mense geword. Dit wil ook lyk asof die roetine nog baie lank met ons gaan wees. Reg aan die begin van die grendelstaat het JP De Vos Botha en sy werkgewer gewonder hoe skoon kan die bottels dan nou wees waaraan almal moet vat om hande te spuit? Selfs toe die trap-en-spuit modelle verskyn het, was hul steeds lugtig vir die aksie.

Gerda Bruinette

Die trap-modelle is ook nie rolstoelvriendelik nie en jonger kinders sukkel om onder te trap en bo hande te hou om ontsmet te word. Derhalwe is daar koppe bymekaargesit en planne beraam. Uiteindelik het JP met ‘n masjien vorendag gekom wat geen aanraking of ‘n getrappery vereis nie. Na verdere konsultasie met die Brandweer in Meyerton het die ontsmettingstasies ook brandblussers bygekry synde dat die vloeistof waarmee hande ontsmet word vlambaar is.
Heelwat besighede, asook die polisiestasie, brandweer, ‘n ouetehuis en kleuterskole in Meyerton het reeds van hierdie ontsmettingstasies. Verskillende groottes is beskikbaar. Daar is selfs een wat koors meet en hande ontsmet sonder dat ‘n persoon aan enige iets hoef te raak. Die eenhede werk met elektrisiteit, maar kan ontkoppel word en op batterykrag deur die dag funksioneer, om dan net weer in die nag herlaai te word.

Daar is ook ‘n ontsmettingstasie met ‘n wasbak wat seep en water presies afmeet en uitspuit as hande onder dit gehou word. Die water kom van een 25 liter houer en loop uit in ‘n ander houer. Die eenheid het wiele en kan enige plek staangemaak word en is ideaal vir skole en kleuterskole waar kinders dalk sou verkies om eerder hul hande met seep en water te was as om dit te ontsmet.
JP sê sy werkgewer, wat anoniem wil bly, het al vele van hierdie eenhede aan plekke geskenk omdat “hoe meer plekke dit het, hoe veiliger is almal.” Vir meer inligting oor die verskillende eenhede, asook die kostes om eenhede te koop of te borg, byvoorbeeld vir ‘n skool of ouetehuis, kan JP by 073 977 9667 gekontak word.

Die eenheid kan ‘n persoon se koors meet en die regte hoeveelheid ontsmettingsmiddel spuit sonder dat daar aan die eenheid geraak word Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button