Local newsNewsNewsBreaking News

Vermeende ontvoerders reg om te pleit

PALM RIDGE. – Die verhoor van vier volwassenes, waaronder ‘n voorskooljuffrou wat verlede jaar ‘n Graad RR-leerling van Laerskool Kollegepark ontvoer het, sal more in die  hooggeregshof in Palm Ridge begin, met van die beskuldigdes wat nou gereed is om te pleit. Die saak is vanaf die streekhof in Vanderbijlpark na die Palm Ridge-hooggeregshof oorgeplaas …

PALM RIDGE. – Die verhoor van vier volwassenes, waaronder ‘n voorskooljuffrou wat verlede jaar ‘n Graad RR-leerling van Laerskool Kollegepark ontvoer het, sal more in die  hooggeregshof in Palm Ridge begin, met van die beskuldigdes wat nou gereed is om te pleit.

Die saak is vanaf die streekhof in Vanderbijlpark na die Palm Ridge-hooggeregshof oorgeplaas en is vir verhoor uitgesit hierdie week.

Tharina Human (28), Laetitia Nel (41), Piet van Zyl (51) en Bofokeng Molemohi (28) staan tereg op aanklagte wat wissel van ontvoering tot afpersing.

Hulle het op Maandag 14 September vlugtig in die hof verskyn. Die staatsaanklaer, adv. Salome Scheepers, het vir waarnemende regter Keitumetse Mogale gevra dat die saak na Dinsdag 15 September oorrol.

Drie van die beskuldigdes (Human, Van Zyl en Molemohi) het verlede jaar te kenne gegee dat hulle van voorneme is om skuld te ontken. Vaalweekblad verstaan dat meer van die beskuldigdes nou van plan is om skuld te erken op van die aanklagte teen hulle.

Drie van die beskuldigdes is steeds in aanhouding. Nel is die enigste een aan wie borgtog vroeër toegestaan is..

Van Zyl se prokureur van die regshulpraad, Martin Botha, het laat weet dat sy kliënt nie tevrede is met die kos wat hy in die tronk kry nie. Van Zyl is glo ‘n diabeet en die kos wat aan hom bedien word akkordeer glo nie met hom nie.

Tharina Human, vermeende meesterbrein agter die ontvoering van ‘n gr.RR-skoolkind, praat met haar prokureur, David Mey. Foto: Christiaan Cloete
Tharina Human klim die trappe vanaf die selle na die hof. Foto: Christiaan Cloete
Tharina Human (28), Laetitia Nel (41), Piet van Zyl (51) en Bofokeng Molemohi (25). Foto: Christiaan Cloete
Piet van Zyl, ‘n diabeet, kla dat tronkkos nie met hom akkordeer nie. Foto: Argief

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button