Local newsNewsNewsBreaking News

Vier wat kind ontvoer glo reg om te pleit

PALM RIDGE. – Die verhoor van vier volwassenes, waaronder ‘n voorskooljuffrou wat in September verlede jaar ‘n Graad RR-leerling van Laerskool Kollegepark ontvoer het, sal more in die  hooggeregshof in Palm Ridge begin, met van die beskuldigdes nou reg is om te pleit. Die saak is vanaf die streekhof in Vanderbijlpark na die Palm Ridge-hooggeregshof …

PALM RIDGE. – Die verhoor van vier volwassenes, waaronder ‘n voorskooljuffrou wat in September verlede jaar ‘n Graad RR-leerling van Laerskool Kollegepark ontvoer het, sal more in die  hooggeregshof in Palm Ridge begin, met van die beskuldigdes nou reg is om te pleit.

Die saak is vanaf die streekhof in Vanderbijlpark na die Palm Ridge-hooggeregshof oorgeplaas en is vir verhoor uitgesit hierdie week.

Tharina Human (28), Laetitia Nel (41), Piet van Zyl (51) en Bofokeng Molemohi (28) staan tereg op aanklagte wat wissel van ontvoering tot afpersing. Hulle het op Maandag 14 September vlugtig in die hof verskyn. Die staatsaanklaer, adv. Salome Scheepers, het vir waarnemende regter Keitumetse Mogale gevra dat die saak tot Dinsdag 15 September oorrol om almal kans te gee om gereed te maak.

Drie van die verdagtes (Human, Van Zyl en Molemohi) het verlede jaar te kenne gegee dat hulle van voornemens is om onskuldig te pleit. Vaalweekblad verstaan dat meer van die verdagtes  nou blybaar skuldig gaan pleit op van die aanklagte teen hulle.

Drie van die beskuldigdes is steeds in aanhouding. Nel is die enigste een aan wie borgtog vroeër op borgtog vrygelaat is. Nel het aangedui.

Van Zyl se prokureur van die regshulpraad, Martin Botha, het aat weet dat sy kliënt nie tevrede is met die kos wat hy in die tronk kry nie. Van Zyl is glo ‘n diabeet en die kos wat aan hom bedien word akkordeer glo nie met hom nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button