Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffrey's Baai het vandag die jongste fotograaf geword om 'n foto op die blad te deel. Weer eens 'n bewys dat fotografie 'n stokperdjie vir jonk en oud is.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die lelkiewiete geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 16de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (16 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffrey’s het die besondere foto geneem. Sy is die jongste fotograaf wat tot dusver ‘n foto op die blad gedeel het.Lizette Kuhn van Sasolburg het Saterdag die mooi foto by Tarlton geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark sê dié boom by die Ecopark is die mooiste boom in Vaalpark.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige landskapfoto tydens ‘n onlangse besoek aan Knysna geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto onlangs tydens een van haar uitstappies geneem.Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n Eyed-flower Mantis (Pseudocreobotra wahlbergi) of Orchid hottentotsgod in Kwazulu-Natal geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto onlangs by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto geneem.Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die kunstige natuurfoto geneem.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi foto met sy selfoon geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die pragtige foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Greetje Eigenhuis van Queensland Australië het die pragtige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi monochroom foto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.Die 17-jarige JC van der Walt van Vereeniging het die mooi foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi argitektuur foto tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark, lid van die Vanderbijlpark Fotografieklub, het die foto met haar selfoon in Ramsgate geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za